Bilina

Dobrinja Nikititsj red Zabawa Poetjatitsjna van die draak Gorinitsj, deur Iwan Bilibin.

’n Bilina (Russies: были́на, meervoud были́ны, bilini) of starina (Russies: ста́рина, meervoud ста́рины, starini) is ’n tradisionele Oos-Slawiese vertellende gedig of lied.[1] Bilini is losweg op historiese feite geskoei en word in ’n groot mate aangevul met fantasie of hiperbole.[2] Die woord bilina is afgelei van die verlede tyd van die Russiese woord быть (bit, om te wees) en impliseer "iets wat was".[3] Die term het moontlik ontstaan by kenners van Russiese folklore; in 1839 het Iwan Sacharof, ’n Russiese folkloris, ’n versameling Russiese folklore gepubliseer en ’n afdeling daarvan “Bilini van die Russiese volk" genoem”, en so het die woord gewild geword.[4][5] Latere geleerdes glo Sacharof het die woord bilina in die openingsdeel van Igor se Verhaal verkeerd verstaan, asof dit "antieke gedig" sou beteken. Die volksangers van bilini het hul liediere starini genoem: “stories uit die ou tyd” (van die Russiese woord старь star, "oud").[2]

  1. Bylina (Russian Poetry). Besoek op 5 Desember 2010. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)
  2. 2,0 2,1 Oinas, Felix J. (1978). "Russian Byliny". Heroic Epic and Saga: an Introduction to the World's Great Folk Epics. Bloomington: Indiana University Press. p. 236. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  3. Bailey, James; Ivanova, Tatyana (1998). An Anthology of Russian Folk Epics. Armonk, NY: M. E. Sharpe. p. xx. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  4. Alexander, Alex E. (1973). Bylina and Fairy Tale; the Origins of Russian Heroic Poetry. Den Haag: Mouton. p. 13.
  5. Alexander, Alex E. (September 1975). Jack V. Haney (hersiener). "Bylina and Fairy Tale: The Origins of Russian Heroic Poetry". Slavic Review. Association for Slavic, East European, and Eurasian Studies. 34 (3): 648–649. doi:10.2307/2495628. JSTOR 2495628.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search